Ons bou die lewende hawe toerusting en ander produkte op bestelling. 'n Deposito van 70% is betaalbaar, waarmee staal en materiale gekoop word. Balans betaling is betaalbaar wanneer die bestelling klaar gebou is en reg is om gelaai te word. Geen BTW betaalbaar nie. Stuur die volgende inligting indien u 'n bestelling wil plaas. Ons stuur vir u 'n kwotasie. Faktuur word gestuur wanneer ons die balans betaling ontvang.
Aan wie moet faktuur uitgemaak word. Kontak persoon naam, van en nommer. Telefoon nommer. Pos of fisiese adres. Epos adres. U bestelling soos beskryf in prys lyste.
Ons doen nie self vervoer en aflewering nie. Ons kan help met vervoerders indien die koper nie self vervoer kan reël nie. Stuur vir ons 'n "pin location" of "Google maps location", wat ons vir die vervoerders sal aanstuur vir 'n vervoer kwotasie. Ons stuur die vervoerder se kontak besonderhede vir die koper, sodat u direk reelings kan tref vir vervoer en aflewering. Vervoer betalings word direk aan die vervoerder gemaak, en nie aan ons nie. Sien die skakel hier onder vir vervoerders wie gereeld vir ons kliënte voervoer doen. Lys van vervoerders en hul besonderhede. Kliek hier