Beskikbaar in breedtes van 30cm en 50cm, wat die buite mates is. Die binne mates is 22cm en 42cm. Openinge waardeur die skaap lammers eet is 14cm breed. Die staal raam bo-op die voerbak het skaniere en kan oop en toe maak om makliker te voer en die voerbak skoon te maak. Die staal raam kan van die voerbak afgehaal word deur 2x 10mm boute uit te draai.
Lengte x Breedte x Hoogte 1500 x 300 x 300 = R 1 350 2000 x 300 x 300 = R 1 450 2400 x 300 x 300 = R 1 600 3000 x 300 x 300 = R 1 850 1500 x 500 x 300 = R 1 450 2000 x 500 x 300 = R 1 600 2400 x 500 x 300 = R 1 750 3000 x 500 x 300 = R 2 050
Skaap water krippe is 30cm hoog en breedtes van 30cm en 50cm. Die inlaat vlotter klep wat ingesluit is, is 'n lae druk 20mm inlaat. Indien die boer 'n ander vlotter klep wil gebruik, sal R200 van die prys afgetrek word en die boer installeer die vlotter van sy keuse. Ons sal die agter plaat bou en die gat boor tot die grootte van die inlaat pyp wat die boer gaan gebruik.
Lengte x Breedte x Hoogte 2400 x 300 x 300 = R 1 850 3000 x 300 x 300 = R 1 950 4000 x 300 x 300 = R 2 300 6000 x 300 x 300 = R 2 700 2400 x 500 x 300 = R 1 950 3000 x 500 x 300 = R 2 100 4000 x 500 x 300 = R 2 500 6000 x 500 x 300 = R 3 000
Skaap lam hokke met sterk staal raam gebou met 25x25 square tube. Die boer het 'n keuse van 3,55mm of 6mm dik staal reinforced mesh - of 25mm horisontale staal pype wat in die staal rame gesweis word. Panele konnekteer aan mekaar met 10mm staal penne wat ingesluit is.
Panele sonder hekke Lengte x Hoogte Reinforce mesh 3,55mm dik staal 1500 x 900 = R 650 3000 x 900 = R 840 4500 x 900 = R 1 090 6000 x 900 = R 1 230 Reinforce mesh 6mm dik staal 1500 x 900 = R 700 3000 x 900 = R 920 4500 x 900 = R 1 210 6000 x 900 = R 1 380 Horisontale pype 25mm 1500 x 900 = R 710 3000 x 900 = R 960 4500 x 900 = R 1 230 6000 x 900 = R 1 470
Panele met swaai hekke Lengte x Hoogte Reinforce mesh 3,55mm dik staal 1500 x 900 (1 hek) = R 850 3000 x 900 (2 hekke) = R 1 180 4500 x 900 (3 hekke) = R 1 580 6000 x 900 (4 hekke) = R 1 900 Reinforce mesh 6mm dik staal 1500 x 900 (1 hek) = R 920 3000 x 900 (2 hekke) = R 1 270 4500 x 900 (3 hekke) = R 1 700 6000 x 900 (4 hekke) = R 2 050 Horisontale staal pype 25mm 1500 x 900 (1 hek) = R 960 3000 x 900 (2 hekke) = R 1 300 4500 x 900 (3 hekke) = R 1 730 6000 x 900 (4 hekke) = R 2 140
Skaap lam kruip voer hekkies word gebou met 25x25 square tube en vertikale pype. Panele vir kruip voer kraal word gebou met 25x25 square tube staal raam. Die boer het 'n keuse van 3,55mm of 6mm reinforce mesh - of 25mm staal pype wat binne die staal raam vas gesweis word. Panele koppel aan mekaar met 10mm dik staal penne wat ingesluit is.
Lam kruip voer hekke Lengte x Hoogte 1500 x 1200 = R 950 2000 x 1200 = R 1 050 3000 x 1200 = R 1 250
Panele vir kruipvoer krale Lengte x Hoogte Reinforce mesh 3,55mm dik staal 1500 x 900 = R 650 2000 x 900 = R 700 3000 x 900 = R 840 Reinforce mesh 6mm dik staal 1500 x 900 = R 700 2000 x 900 = R 760 3000 x 900 = R 920 Horisontale staal pype 25mm 1500 x 900 = R 710 2000 x 900 = R 780 3000 x 900 = R 960
Spaar baie tyd wanneer jy met jou skape werk. Die werk stasie het swaai hekke aan beide kante, sodat twee mense op dieselfde tyd aan die skaap kan werk om dit vinniger te maak met minder stres op die skape. Die nek kop klamp werk baie maklik en goed. Die staal raam word gebou met 32x32 square tube en die swaai hekke met 25x25 square tube.
Sonder skaal = R 9 400 Met loadcell skaal = R 13 500
Baie sterk gebou met 32x32 square tube, 3mm dik expanded metal en 5mm dik staal vir die rat stelsel. Die nek klamp (kop klamp) werk baie maklik en baie goed vir skape asook vir boer bokke. Aan een kant sweis ons 4x square tube ogies sodat die nek klamp aan jou drukgang gekoppel kan word.
'n Sterk gly hek wat gebruik word in jou skaap drukgang. Ons sweis 4x square tube ogies aan beide kante van die gly hekke sodat die die gly hek met 'n yster pen aan die drukgang gekoppel kan word.
Effektiewe bosluis beheer en behandeling teen vrot pooitjie en sweer klou. Die voet dip bad waardeur die skaap loop is 20cm diep. Boere laat hul skape elke paar dae deur die voet loop, wanneer die skape oppad veld toe is. Die skaap voet dip is beskikbaar in lengtes van 2 meter en 3 meter lank.
Lengte x Breedte x Hoogte 2000 x 600 x 1100 = R 4 200 3000 x 600 x 1100 = R 4 950 Optioneel ekstra 32mm bal klep (ball valve) = R 350
Die skaap voet dip spuit tonnels word gebou met 38x38 vierkantige staal (square tube) en 2mm dik staal plaat. Die voet bad is 20cm diep en op die vloer sweis ons 12mm ronde staal sodat die skape nie gly nie. Die spuite is aan beide kante en in die dak. Die hele skaap is nat, selfs onder die maag, bene en stert. Die spuite in die dak spuit die kop en rug. Die boer het 'n keuse van pomp om dit maklik te om die skape enige plek te spuit. 12 Volt self primer pomp wat vanaf enige 12 Volt battery werk. Elektriese druk pomp met primer silinder.
Lengte x Breedte x Hoogte 2000 x 600 x 1100 (6 sproeiers) R 12 000 2400 x 600 x 1100 (9 sproeiers) R 13 000 Optioneel ekstra 32mm bal klep (ball valve) = R 350
Skaap baal mandjies het 8 vertikale vierkant staal (square tubes) en 8 half maan vierkant staal buise. Dit is een meer van elk as wat bees baal mandjies het. Draai die baal mandjie op die kant, rol die ronde baal in die baal mandjie in en draai dan die baal mandjie regop. Sny die toue af van die ronde baal en trek uit. Voer vermorsing met die baal mandjies is baie minder as met traditionele baal ringe.
Lengte x Breedte x Hoogte 1650 x 1500 x 1100 = R 2 990
Die soulek staanders word gebou met 2mm dik staal. Die expanded metaal waarop die sout lek blokke staan is 3mm dik staal. Die bene is 15cm hoog met ekstra 10cm staal pen wat in die grond in geslaan word. Die ekstra staal raam verhoed dat die skape die soutlek blok van die staander af stoot. Ons bou die sout lek staanders sonder en met ekstra rame.
Lengte x Breedte x Hoogte 430 x 430 x 150 Sonder ekstra raam = R 370 Met 'n ekstra raam = R 450
Plaas 'n bestelling
Kontak ons vir meer inligting of as u enige verdere vrae het. Ons bou die produkte op bestelling. 'n Deposito van 70% is betaalbaar waarmee staal en ander materiale gekoop word. Die balans betaling is betaalbaar wanneer die bestelling klaar gebou is en reg is om gelaai te word. Geen BTW betaalbaar nie. Stuur die volgende inligting indien u 'n bestelling wil plaas. Ons sal vir u 'n kwotasie stuur. Ons stuur die faktuur wanneer ons die balans betaling ontvang. Besigheid naam. Persoon naam en van. Telefoon nommer. Pos adres. Epos adres. U bestelling soos beskryf in die prys lys.
Ons doen nie self vervoer en aflewering nie. Ons kan help met vervoerders indien die koper nie self vervoer kan reël nie. Stuur vir ons 'n "pin location" of "Google maps location", wat ons vir die vervoerders sal aanstuur vir 'n vervoer kwotasie. Ons stuur die vervoerder se kontak besonderhede vir die koper, sodat u direk reelings kan tref vir vervoer en aflewering. Vervoer betalings word direk aan die vervoerder gemaak, en nie aan ons nie. Sien die skakel hier onder vir vervoerders wie gereeld vir ons kliënte voervoer doen. Lys van vervoerders en hul besonderhede Kliek hier