Lewende hawe en wild toerusting - piekniek tafels - sekuriteit hekke en diefwering
Baie sterk piekniek tafels vir huis, plaas, braai area, besigheid, gaste huis, lodge
Piekniek tafels
Piekniek tafels vir tuin, braai area, gaste huis, lodge, resturant.

Die piekniek tafels is baie sterk en sal baie jare lank gebruik word.
Hierdie piekniek tafels het 'n baie sterk staal raam wat gebou word met 50x50 en 38x38 square tube. Die staal raam word geverf met rooi oksied verf en swart industriële verf.
Sterk staal raam met 4cm dik hout planke
Foto is van die onderkant van 'n standaard piekniek tafel, waarin die swart staal raam met die hout planke gesien kan word.

Die hout planke is 114x38 wat dieselfde hout is waarvan dak kappe gebou word. Elke plank word met 6x hout skroewe aan die staal raam vas geskroef.

Hout planke word geverf met twee lae hout olie.

Verf hout planke een keer 'n jaar met Silkwood decking olie, wat vir jou baie jare se gebruik sal gee.

Piekniek tafels groottes
(Lengte x Breedte x Hoogte)

Standaard piekniek tafels
6 sitplek  =  150cm x 160cm x 75cm
8 sitplek  =  200cm x 160cm x 75cm

Vierkantige piekniek tafels
  8 sitplek  =  220cm x 220cm x 75cm
12 sitplek  =  260cm x 260cm x 75cm
Fotos
Piekniek tafels

(kliek op fotos om te vergroot)
Fotos
Kroeg stoele

(kliek op fotos om te vergroot)
Fotos
Klein kant tafels

(kliek op fotos om te vergroot)

Volg Affordable Solutions op Facebook
Volg Affordable Solutions op YouTube
Volg Affordable Solutions WhatsApp groep

© Copyright 2026 Affordable Solutions