Wild voer bakke met dip rollers is baie sterk en effektief vir bosluis beheer, gebou met 'n staal raam en vol dikte conveyor.
Die staal dip houers is 75mm breed en 35mm diep. Die dip rollers is gebou met 50mm staal pype.
Die voer bakke is beskikbaar in lengtes van 1,5 meter - 2 meter - 2,4 meter en 3 meter lank. Ons bou die voerbakke in breedtes van 500mm breed vir klein wild en 700mm breed vir medium en groot wild.