Lewende hawe en wild toerusting - piekniek tafels - sekuriteit hekke en diefwering
Rooibok, wildebees, koedoe, kameelperd wild voer bakke
'n Verskeidenheid baie sterk wild voer bakke teen bekostigbare pryse.

Aandag word gegee aan die kleiner besonderhede, sodat ons vir die boer kwaliteit sterk voer bakke kan gee wat koste effektief is, en goed lyk op suy plaas.

Wild voer bakke word gebou met 'n sterk staal raam en geverf met rooi oksied en swart industriële verf.

Conveyor
Full thickness ply conveyor used in feeding troughs

Ons gebruik net vol dikte ply conveyor, wat baie sterk is. Ons gebruik nie gesplitte conveyor nie.

Ons boor 7mm gate deur die staal raam en conveyor. Die conveyor word aan die staal raam vas gebout met 7mm boute, 20mm washers en moere. Boute en moere word aan mekaar gesweis sodat dit nie sal los kom nie.

Standaard wild voer bakke
Wild voer bakke 70cm breed en 40cm hoog

Gebou met 'n sterk staal raam en vol dikte ply conveyor.

Voer bakke is 70cm breed en 40cm hoog.

Vir kleiner wild soos springbokke bou ons voer bakke wat 50cm breed en 40cm hoog is.

Beskikbaar in lengtes van
1,5 meter - 2 meter - 2,4 meter - 3 meter

Sien fotos en videos hier onder

Wild voer bakke met dakke
Wild voer bakke met dakke om voer droog te hou

Hoeveel geld verloor 'n boer met voer wat nat reën, of voer wat uitdroog in die son?

Voerbak breedte: 50cm en 70cm
Voerbak hoogte: 40cm

Dak kan van voerbak afgehaal word deur 8x 10mm boute uit te draai.

Beskikbaar in lengtes van
1,5 meter - 2 meter - 2,4 meter - 3 meter

Sien fotos en videos hier onder

Koedoe voer bakke
Koedoe voer bakke

Dit is belangrik om koedoes te voer, aangesien tannien vergiftiging 'n realiteit is in die winter.

Stek 38x38 square tube en 50x25 rectangular tube staal raam, met vol dikte ply conveyor.

Koedoe voer bakke is 70cm breed en 120cm hoog.

Ons sweis 50x50 square tube aand die hoeke, waardeur 'n yster pale (Y-standards in die grond geslaan kan word. Dit verhoed dat ander wild die voerbak om stoot wanneer hulle probeer om die voer te eet.

Beskikbaar in lengtes van
1,5 meter - 2 meter - 2,4 meter - 3 meter

Sien fotos en videos hier onder

Kameelperd voer bakke
Kameelperd voer bakke

Die kameelperd voer bakke word gebou met 50x50x2mm square tube, 50x25x2mm rectangular tube en vol dikte conveyor.

Kammelperd voer bakke is 3 meter hoog, waarvan 50cm tot 70cm in die grond gesement word.

Aan een bou ons 'n leer sodat mense voer in die voerbak kan gooi. Die staal raam en conveyor is sterk genoeg vir mense om binne die voerbak te loop.

Beskikbaar in lengtes van
2 meter  -  2,4 meter  -  3 meter

Sien fotos en videos hier onder

Wild voer bakke met
dip rollers (bosluis beheer)
Wild bosluis beheer deur voer bakke met dip rollers

Sterk voer bakke met dip rollers vir effektiewe bosluis beheer. Gebou met staal raam en vol dikte conveyor.

Voer bakke met dip rollers breedtes van 50cm en 70cm breed.

Beskikbaar in lengtes van
1,5 meter - 2 meter - 2,4 meter - 3 meter

Hoogtes van voer bakke met dip rollers kan verstal vanaf

40cm tot 70cm hoog
50cm tot 90cm hoog
70cm tot 120cm hoog

Inligting, fotos en videos
Wild voer bakke met dip rollers

Sout en wild lek blok staanders
Staanders vir sout en wild liek blokke

Sout lek staanders werk baie goed en gee maksimum gebruik van die lek blokke wat gebruik word.

Staanders is 43cm x 43cm en 15cm hoog. Ondser aan die bene is 10mm ronde ysters vas gesweis, wat in die grond in geslaan word.

Sout lek staanders is ook beskikbaar met 'n ekstra staal raam, wat verhoed dat die lek blokke van die staanders af gestoot word deur groter wild.

Informasie, fotos en videos
Sout lek staanders
Fotos van
Wild water krippe

(kliek op fotos om te vergroot)
Videos van
Wild voer bakke
Wild voer bakke  -  2 meter
Video lengte = 35 sekondes
Hoeveel lusern in 'n wild voerbak
Video lengte = 39 sekondes
Wild voerbak met dip rollers  -  2 meter
Video lengte = 58 sekondes
Wild voerbak met dip rollers  -  3 meter
Video lengte = 58 sekondes
Staal raam van dakke vir voer bakke
Video lengte = 39 sekondes
Koedoe en kameelperd voer bakke
Video lengte = 3 minute


Volg Affordable Solutions op Facebook
Volg Affordable Solutions op YouTube
Volg Affordable Solutions WhatsApp groep

© Copyright 2026 Affordable Solutions