Fotos van boerbok voer bakke met mandjies Kliek op die fotos om te vergroot
Spaar geld deur baie minder lusern vermorsing. Van ons kliënte sê hulle het 70% tot 90% minder voer vermorsing met hierdie voer bakke.
Die voerbak se staal raam word gebou met 32x32 square tube en is baie sterk. Dien mandjies word gebou met 25x25 square tube. Die staal word geverf met red oxide verf en swart industriële verf.
Die conveyor is vol dikte (12mm tot 20mm dik), en is baie sterk.
Die mandjies kan baie maklik van die voer bakke afgehaal word, deur 4x 10mm boute uit te draai. Idiaal vir vervoer of as die voerbak vir ander voer gebruik moet word.
Videos van boerbok voer bakke met mandjies
Skaap en boerbok 3 meter voerbak met mandjie Video lengte = 41 sekondes
Skaap en boerbok voer bakke met mandjies Video lengte = 38 sekondes
Boerbok voer bakke met mandjies Video lengte = 55 sekondes
Skaap en boerbok voerbak met mandjie Video lengte = 40 sekondes
Skaap en boerbok voerbak met mandjie - en voet dip gang Video lengte = 1 minuut 20 sekondes
Boerbok voerbak met mandjie Video lengte = 68 sekondes
Ons bou twee verskillende soorte boerbok voer bakke met mandjies. Sien fotos en videos verder af in hierdie blad.
Vir jong en volwasse boer bokke (word ook gebruik vir skape). Die voer bakke is 500 breed en 300 hoog, en die mandjie is 700 breed en 600 hoog. Beskikbaar in lengtes van 2 meter - 2,4 meter - 3 meter.
Vir volwasse boer bokke. Die voer bakke is hoër met 'n trap aan albei kante. Die boer bokke staan met hulle voor bene op die trap en eet uit die mandjies.
Hierdie is van die voer bakke waarvan ons die meeste verkoop - baie gewild by boere.