Ons bou 'n verskeidenheid sterk panele vir bees krale en druk gange met of sonder swaai hekke. Sien fotos en videos hier onder.
Elke boer se vereistes en kraal uitleg is anders. Ons bied 'n standaard reeks panele, maar bou ook panele om aan die boer se vereistes te voldoen. Stuur vir ons 'n skets met afmetings van die kraal wat jy beplan, en ons sal die panele bou wat jy nodig het om jou kraal te bou.
Panele vir kraal, drukgang en hekke word gebou met 50x50 square tube en 38mm staal pype. Boer kies staal dikte
1,6mm - 2mm - 3mm dik staal.
Kraal en drukgang panele kan permanent of tydelik opgeslaan word.
Swaai hekke in die kraal panele, vir jou kraal of vir jou plaas, word gebou met 38x38 square tube en 38mm pype.
Ons bou ons eie baie sterk skaniere wat gebruik word vir alle swaai hekke. Dit word gebou met 32mm en 38mm pype, met 5mm en 10mm dik plat ysters. Sien video hier onder.
Al die staal word geverf met rooi oksied verf en dan met swart industriële verf.