Lewende hawe en wild toerusting - piekniek tafels - sekuriteit hekke en diefwering
Bees voer bakke met voerkraal rame
Bees voer bakke met voerkraal rame
Bees voer bakke met rame vir voer krale word gebou in lengtes van
2.4m - 3m - 4m - 6m.

Die voer bakke is 550 hoog en 700 breed. Die voerkraal rame is 1 meter hoog bo die voerbak, en die opening waardeur die beeste eet is 50cm hoog.

Die voer bakke het 'n sterk staal raam, gebou met square tube en rectangular tube. Ons gebruik vol dikte conveyor in die voer bakke, wat vas gebout word aan die staal raam.

Die voerkraal rame word gebou met square tube en staal pype. Die rame kan van die voer bakke afgehaal word deur 4x 10mm boute los te draai op die 2,4 meter en 3 meter voer bakke - en 6x 10mm boute op die 4 meter en 6 meter voer bakke.

Al die staal word geverf met rooi oksied verf en dan met swart industriële verf.
Daar is geen openinge waar water in die staal rame kan inkom nie.

Die boer het 'n keuse van 1,6mm - 2mm of 3mm dik staal.
Nuwe ontwerp
Oor die jare het ons gereeld veranderinge gemaak aan die voerkraal rame om dit so sterk as moontlik te bou.

Ons bou nou 'n sterk raam wat vas gebout word aan 'n alreeds baie sterk bees voerbak staal raam.

Sien fotos en videos hier onder.
Bees voerbakke met voerkraal rame
Fotos
Bees voer bakke met voerkraal rame

(kliek op fotos om te vergroot)
Videos
Bees voer bakke met voerkraal rame
Videos van nuwe voerkraal rame word binnekort gelaai.


Volg Affordable Solutions op Facebook
Volg Affordable Solutions op YouTube
Volg Affordable Solutions WhatsApp groep

© Copyright 2026 Affordable Solutions