Bees voer bakke met dakke word gebou in lengtes van 2,4 meter en 3 meter.
Die voer bakke is 550 hoog en 700 breed. Die dakke is 1700 breed en 1 meter langer as die voerbak.
Die boer het 'n keuse van staal dikte van die voerbak en die bene van die dak - 1,6mm - 2mm - 3mm.
Die voer bakke en dakke is sterk, gebou met vierkantige en reghoekige staal. Die staal rame word geverf met rooi oksied verf en swart industriële verf. Die vervoer band (conveyor) is 'n vol dikte vervoer band.
Die dakke kan van die voer bakke afgehaal word, deur 8x 10mm boute uit te draai.