Bees nek klamp
Sterk nek klampe (kop klampe) vir beeste, wat wat maklik is om te gebruik.
Die dubbel raam en nek klampe word gebou met 50x50 square tube. Die boer het 'n keuse van 2mm of 3mm staal dikte vir die 50x50 square tube staal rame.
Die werkende gedeeltes word gebou met 10mm dik tot 20mm dik soliede staal.
(Sien videos verder af in hierdie blad)
Die ratte is 300mm x 150mm x 20mm dik soliede staal.
Die staal pen wat in die rat ingaan, is 25mm x 10mm soliede staal.
Die handvatsel en arm wat die nek klamp oop en toe maak, is gebou met 60mm x 10mm soliede staal.
Die werkende gedeeltes word aan mekaar gekoppel met twee 70mm x 10mm soliede staal stukke.
Die square tube wat die klampe aan die werkende gedeeltes koppel is 4,8 dik staal.
Die nek klamp is is baie goed geballanseer. Die gewig van die klampe help om die kop klamp maklik oop en toe te maak.