Baie sterk bees voer bakke teen bekostigbare pryse.
Aandag word aan detail gegee met die bou van voerbakke, sodat ons vir boere die beste kwaliteit voer bakke kan bied, wat koste
effektief is en ook goed lyk op hul plase.
Bees voer bakke is 700 breed, 550 hoog en word gebou in lengtes van
2,4m - 3m - 4m - 6m.
Die voer bakke word gebou met 'n sterk staal raam van 38x38 square tube en 50x25 rectangular tube.
Die boer het 'n keuse van staal dikte van 1,6mm - 2mm - 3mm vir die staal raam. Die staal wat gebruik word om 3mm dik staal voerbak rame te bou, is 38x38 square tube wat 3mm dik is.
Hoeke word 45 grade gesny en rondom gesweis, wat 'n baie sterk sweis is. Geen water kan in die staal rame kom nie. Die staal raam word geverf met rooi oksied verf en swart industriële verf.
60% van voer bakke wat ons bou, is vir boere wie voorheen by ons voer bakke gekoop het.