Hoeveel voer verloor jy wanneer voer nat word tydens reën? Wanneer dit nie reën nie, droog die son die voer uit, wat verlies aan voer gehalte en kwaliteit veroorsaak.
Die opening tussen die voerbak en die dak is 70cm. Die dakke is 1 meter langer as die voerbak en 70cm breër as die voerbak.
Staal rame van voerbak en dak is gebou met square tube en geverf met rooi oksied en swart industriële verf.
Ons gebruik voldikte vervoer band (ply conveyor) wat baie sterk is.
Voer bakke met dakke is beskikbaar in lengtes van 2m - 2,4m en 3 meter.
Dakke kan van die voer bakke afgehaal word, deur 8x 10mm boute uit te draai.