Lewende hawe en wild toerusting - piekniek tafels - sekuriteit hekke en diefwering
Lewende hawe voet dip spuit tonnel vir bosluis beheer
Die voet dip spuit tonnel werk baie goed om skape en boer bokke te dip teen bosluise.

Voet dip spuit tonnels is beskikbaar in lengtes van:

2 meter lank met 6 sproeiers - 2 sproeiers aan elke kant en 2 sproeiers in die dak.

2,4 meter lank met 9 sproeiers - 3 sproeiers aan elke kant en 3 sproeiers in die dak.

Die tonnels is 60cm breed en 110cm hoog. Die voetbad waardeur die skape en boer bokke loop is 20cm diep.

Die voet dip spuit tonnels word gebou met 38x38 square tube staal raam en 2mm dik staal plaat. Aan die onder kant is 38x38 square tube gesweis sodat die tonnel nie in die water staan nie. Die tonnel word geverf met rooi oksied en swart industriële verf.

Op die vloer van die voet dip bad word 12mm ronde ysters gesweis, sodat die skape en boer bakke nie gly nie.
Pompe en sproeiers
Die pompe en sproeiers is baie effektief om die dip op die skape en boer bokke te spuit.

Sproeiers in die dak spuit die skape en boer bokke se kop en rug. Spoeiers aan die kante spuit die sye en bene van die skape en boer bokke.
Pomp opsies
Elektriese druk pomp wat gebruik word met skaap en boerbok voet dip spuit tonnel
0,37KW (230V) druk pomp.

Elektriese pomp spuit 40 lieters per minuut.

Ons bou "self priming" eenheid, sodat die pomp dadelik begin pomp wanneer die pomp aan geskakel word.
12 Volt pomp - geen elektrisiteit nodig nie.

Die pomp is idiaal wanneer skape en boer bokke in die veld gespuit word of in areas sonder elektrisiteit.

Is 'n "self priming" pomp met sif filter en spuit sterk. Konnekteer aan 'n voertuig 12 volt battery en gebruik enige plek.
32mm Ball valve
Optioneel ekstra

32mm ball valve met staal pyp word in die tonnel in gesweis.

Die ball valve maak dit maklik om die water vlakke in die voetdip bad te reguleer terwyl dip gespuit word.

Konnekteer 'n 32mm pyp en laat die dip water uitloop waar dit u die beste pas.
Fotos van
Skaap & boerbok voet dip spuit tonnel

(kliek op fotos om te vergroot)
Videos van
Skaap & boerbok voet dip spuit tonnels
Voet dip spuit tonnel (2,4m) met 12 volt pomp en 9 sproeiers
Video lengte = 1 minuut 48 sekondes
Skaap boerbok voet dip spuit tonnel met elektriese drukpomp
Video lengte = 2 minute 25 sekondes
Onderkant van die voet dip
Video lengte = 33 sekondes
Dit is hoe die voet dip spuit tonnels werk
Video lengte = 57 sekondes
2,4 meter voet dip tonnel met 6 sproeiers
Video lengte = 58 sekondes
Voet dip spuit tonnel met 9 sproeiers
Video lengte = 24 sekondes


Volg Affordable Solutions op Facebook
Volg Affordable Solutions op YouTube
Volg Affordable Solutions WhatsApp groep

© Copyright 2026 Affordable Solutions