Lewende hawe en wild toerusting - piekniek tafels - sekuriteit hekke en diefwering
Skaap en lam voer bakke trog met dakke
Voer bakke met dakke werk baie goed om voer droog te wanneer dit reën, en om te verhoed dat die son die voer uit droog.

Die voer bakke is gebou met 'n sterk staal raam wat gebou is met 32x32 square tube. Die hoeke word 45 grade gesny en aan mekaar gesweisom die staal raam te verstek en te verhoed dat water in die staal raam inkom.

Die bene van die dak is ook gebou met 32x32 square tube, en die dak se raam is gebou met 25x25 square tube. Die staal plate van die dak is gegalvaniseer. Dakke kan van die voer bakke afgehaal word, deur 8x 10mm boute uit te draai.

Die staal is geverf met rooi oksied en swart industriële verf om die staal teen weer elemente te beskerm.

Ons gebruik kwaliteit vol dikte vervoerband (conveyor) wat 12mm tot 20mm dik is, en baie jare lank baie goed sal werk. Die conveyor word met 7mm boute aan die staal raam vas gebout.
Die verhoed dat reën in die skaap voerbak kan kom
Die dakke is 1 meter langer as die voerbak en 1,2 meter breed. Dit sal baie skuins moet reën om water in die voerbak te kry.

Voerbak breedte: 50cm
Voerbak hoogte:  30cm


Skaap voer bakke met dakke is beskikbaar in lengtes van:
2,4 meter en 3 meter
Fotos van
Skaap voer bakke met dakke

(kliek op fotos om te vergroot)
Videos van
Skaap voer bakke met dakke
Skaap & bees voer bakke met dakke
Video lengte = 2 minute


Volg Affordable Solutions op Facebook
Volg Affordable Solutions op YouTube
Volg Affordable Solutions WhatsApp groep

© Copyright 2026 Affordable Solutions